Antoinette, en soms Oom Johannes, praat Vrydagmiddae om 4.20nm op nasionale Afrikaanse radiostasie Radiosondergrense oor kruie, boererate en Karoo-stories. In die program ‘Kruie kraai koning’ op Tjailatyd beantwoord sy luisteraars se vrae en gee raad vir skete, kwale en selfs soms ernstige siektes.
“Antoinette Pienaar het gedurende die jare negentig in my lewe in gekruie. Haar Karoo-menswees het my geroer, en ek het gevoel…die volk moet hierdie vrou hoor! ‘Kruie kraai koning’ het die RSG-luggolwe in 2003 getref, en van daar het ons van krag tot krag gekraai.”
- Amore Bekker, aanbieder van Tjailatyd, waartydens ‘Kruie kraai koning’ uitgesaai word.
Die boek Kruidjie roer my word uitgegee in samewerking met Radiosondergrense.