Tuis
Oom Johannes en Antoinette
Kruielys
Boererate
RSG
Vrae en Antwoorde
Die Boek: Kruidjie roer my
Karoo Kruie Kring
Kontak Ons
Die Galery
English site

BOERERATE

  • GLADDE JANTJIES MET WOEMA - SENSATIONAL SMOOTHIES
    Aanvullings tot ons dieet raak by die dag belangriker as ons al die vitamiene en minerale wil inkry. Van hierdie aanvullings doen baie meer kwaad as goed, daarom dat die natuurlike aanvullings wat jou liggaam makliker kan absorbeer, al hoe gewilder word.

    • DIE OMEGA DRANKIE
      • 2 Eetlepels Vlassaad
      • 1 Eetlepel Sonneblomsaad
      • 1 Stukkie Gemmer, geskil en fyn gekap
      • 150 ml suikervrye Appelsap

      Week die sade oornag in 100 ml water. Sit die volgende oggend die sade met die water in n versapper. Voeg die ander bestandele by en versap totdat dit sag en romerig is. Voeg n bietjie water by en drink dan dadelik jou Gladde Jantjie.

      n Tweede drankie het meer vrugte in en is daarom vir party mense lekkerder.

    • GEMENGDE VRUGTE EN SAAD GLADDE JANTJIE
      • 2 teelepels lynsaad
      • 2 teelepels sonneblomsaad
      • 1 geskilde piesang
      • 1 kiwi vrug
      • 2 perskes, 2 appelkose, 1 peer
      • 50ml naruurlike lewendige jogurt
      • 100 - 150ml rys- of soja melk.

      Maal die sade fyn en sit dan saam met vrugte in n versapper. Drink hierdoe Gladde Jantjie ook net nadat jy dit gemaak het.

      Sade is baie ryk aan minerale, Vit E, protein en vesel. Van die volgende mengsel het jy net eetlepel daarvan per dag nodig.

      Neem n 250ml glasvles met n prop wat kan toedraai en vul dit met die volgende sade -

      Vul die helfte van die vles met Vlassaad en die ander helfte met Sesame saad,Sonneblomsaad, Pampoensaad en 1 teelepel Komynsaad. Hou die bottel in die yskas en toegedraai. Neem n handvol elke oggend, sit dit in jou koffie of saadmaler en gebruik n eetlepel daarvan in jou jogurt of oor jou pap. Jy kan gerus ook eksperimenteer met sade en vrugte en so n Gladde Jantjie maak wat reg in jou kraal pas!


  • JY EN JOU SPYSVERTERING
    In Amore Bekker se kookboek, Tjaila-resepte, die resepte, haal sy die wyse Marthinus Versveld, waar hy se :" Om te eet, is `n manier om die lewe te assimileer." As ek in die veld stap met my honde, is ek telkens verstom as ek `n kudu voor my sien wegspring of as ek `n springbok sien pronk. Die balans in die dier se liggaam, wys daarop dat die kos wat hulle in kry, hulle liggame sterk en pragtig bou. En jy kyk na die kudu drollotjies, sien jy hoe goed die dier sy kos verteer het. Hy het nie neuroses rondom sy eetgewoontes en dit wat hy eet nie, en sy liggaam weerspieel dit.

    As `n mens luister na die lys klagtes wat mense oor hulle spysvertering het, lyk dit asof die moderne lewe , met sy eise, moeilik verteer. Navorsing bewys dat vetsug en eetsteurnisse geweldig toeneem, kolonkankers kom al hoe meer voor en mense raak toenemend "allergies" - allergies vir graan , vir suiwel, vir suiker en genetiese gemodifeerde kos. Meeste siektes kom uit die wanbalans in due spysverteringstelsel. As jou spysverteringstelsel te suur is, raak dit n teel-aarde vir kanker, artritis, sooibrand, brand voete, cholesterol, bloedsuiker-probleme en selfs iets soos "rustelose bene".

    Net soos `n mens moet kyk wat jy eet, is dit uiters belangrike rituele rondom jou ete te bedink, as jy dit nie alreeds in plek het nie. Dis deesdae outyds om saam om `n tafel te sit, of baie keer voel ons ons "het te min tyd" om dit te doen. As jy jou spysverteringstelsel voorberei dat hy kos gaan ontvang, kan daardie stelsel solank woeker om die regte spysverterings-sappe reg te kry, dat die kos wat ontvang word, verteer kan word met maksimum voedingswaarde. As jou gedagtes en jou hart die teenwoordig en betrokke is by jou eetproses nie, word jy nooit versadig nie, want jy was nie "daar" toe jy geëet het nie. Dis hoekom eet voor die komputer en die televisie, jou nie kan voed nie. In die wonderlike fliek "Like water for chocolate" huil `n meisie, deur haar liefde verlaat, terwyl sy die troukoek bak en haar trane val in die koekbeslag en daardie aand toe huil al die gaste , omdat hulle haar trane aanvoel. Soos die storie illustreer, is die hart waarmee jy kook, baie belangrik en dis nie net ouvrou-stories nie.
    Hier volg n koolresep wat uit die boek "Guarding the 3 treasures" deur Daniel Reid kom-

    Deur hierdie aftreksel vir n tydperk van 3 maande te drink, word die "goeie bakteriee" in die maag kos gegee , wat jou spysvertering sterk sal maak om toekomstige spysverterings-probleme te voorkom. Terwyl jy die aftreksel gebruik, eet meer vars produkte en probeer sny op stysel, suiker en suiwel-produkte.

    Versap 1 en `n drie-kwart koppie gesuiwerde water met 3 koppies grofgesnyde kool in die versapper. Moenie kraanwater gebruik nie, want dit maak die goeie bakteriee dood. Gooi die mengsel in n glasbottel em draai die prop liggies op, dat die mengsel kan "asemhaal", vir presies 3 dae. Dan gooi jy die vloeistof af en gooi die koolstukke weg in die tuin. Meet n kwart van die vloeistof af en begin jou volgende sarsie. Nou neem jy weer 3 koppies gekapte kool en net een en n half koppie water . As jy dit die tweede keer aanmaak, los jy dit net vir 24 uur. Drink met etes n halwe koppie van die aftreksel en hou die aftreksel in die yskas as jy dit die eerste keer afgegooi het. Gebruik hierdie mengsel vir drie maande en kyk wat gebeur!

  • Jy en jou tong
    Ons tong is nie net die instrument waarmee ons kommunikeer nie, jou tong is ook n soort padkaart of GPS, wat vir jou goeie aanwysings kan gee van wat in jou liggaam aangaan. As jy elke oggend as jy opstaan na jou tong kyk, voordat jy enige iets eet of drink, kan jy baie goeie riglyne kry van wat in jou liggaam aangaan.

    Volgens Chinese medisyne, is die balans tussen die hart, wat vuur verteenwoordig, die longe, wat dien as blaasbalk wat die vuur aanvuur en die niere en blaas wat die waterwerke verteenwoordig, uiters belangrik om goeie gesondheid te verseker. As daar `n wanbalans tussen hierdie 3 is, sal dit op jou tong wys. Die agterste deel van jou tong verteenwoordig jou niere, die middel van jou tong jou maag, milt en pankreas en die voorste deel van jou tong, die hart en dunderm. Neem genoeg tyd om jou tong te bestudeer, want ons elkeen se tong is so uniek soos onsself. As `n mens in jou oe kyk, sien jy jou siel gereflekteer en as jy na jou tong kyk, maak jy die konneksie tot die hart. As jou fokus in jou lewe is om daagliks jou waarheid te praat, sal jou tong jou tot groot seening wees.

    Die wit aanpaksel op die tong is normaal, maar wanneer die aanpaksel uitermatig wit is, wys dit op n probleem met jou maag en pankreas.
    Wanneer die wit aanpaksel `n donker kleur begin vertoon, beteken dit dat jou hart sukkel en dat jou liggaam swaar kry met slegte spysvertering. Geel aanpaksel op die tong, wys op koors of inflammasie in die liggaam. As jou tong grys of swart is, wys dit op akute siekte of die teenwoordigheid van kanker in die liggaam.

    Die vorm van jou tong speel ook n groot rol in jou gesondheid. As jou tong groot en geswel is en as daar soggens tandmerke op jou tong is, wys dit dat die funksie van jou niere en jou milt nie na wense is nie. Wanneer die tong smal is, beteken dit dat jou energie vlakke laag is en dat jou voedsel-inname te min is. `N Kort tong beteken dat jou pankreas en jou hart sukkel en as jou tong bewe, beteken dit dat jou skildklier sukkel of dat jy yappie-griep het. Opgehewendheid agter op die tong in die vorm van n varingblaar, beteken dat jou maag minerale nodig het en dat jou galblaas stress ondervind. As jou tong donker is, is jou lewenskrag min en n pienk tong beteken dat jy lewenslustig is.

    Dis ook goed om jou tong nou en dan n bietjie oefening te gee, soos om jou tong ver uit te steek en dan op te rol soos n verkleurmannetjie.
    Jy kan ook jou tong uitsteek en klein sirkelvormige bewegings daarmee maak. Terwyl jy dit doen, vorm daar baie speeksel onder jou tong en hierdie speeksel bevat wonderlike bakteriee om te help met spysvertering.

    Seker een van die grootste geskenke wat jy jouself kan gee, is om te leer om jou tong te beteuel.ter Onthou, die woorde wat jy met jou tong vorm is soos vere in die wind, as jy dit uitgespreek het, kan jy dit nooit weer terugkry of ongedaan maak nie. Mag jou tong jou tot groot eer strek en mag jou woorde soos heuning van jou tong afrol.

  • Detoks van die lewer
    Need die sap van 1 suurlemoen, die sap van 1 lemoen, die sap van 1 pienk pomelo,
    Gooi die sap van die drie vrugte in `n glasbeker,
    Voeg 1 eetlepel olyfolie by en vul die sap aan met lou water totdat dit 500ml is.
    Maak seker dat jy vars vrugte gebruik en drink dit daagliks uit.
    Gebruik hierdie mengsel elke oggend vir tien dae, voordat jy tee, koffie of enige medikasie gebruik.
    In die winter kan jy hierdie detoks 1 keer per maand vir 10 dae gebruik.

  • Bedsere en wonde wat sukkel om te genees
    Gifbolplante lyk soos die blare wat die ui omring. Dit is baie belangrik om te weet dat die bol self giftig is en onder geen omstandighede gebruik moet word nie. Die blare wat die bol omring kan afgetrek word en op bedsere gebruik word � dit hou die seer of wond droog en dreineer die vog daarom. Dit is wenslik dat die wond drie keer per dag met die gifbolblare versorg word. Vir wonde wat �n diep gat vorm, is dit belangrik om die wond �op te vul� met iets soos petroleumjellie (Vaseline) want die liggaam probeer die gat vul met vloeistof in �n poging om dit �op te vul� en dis hierdie vog wat verhoed dat die wond genees.

      Resep vir bedsere:

    • 100 gram Agricura Pienk melksalf ( ook genoem speensalf, omdat dit gebruik word om aan n' keei se spene te smeer voordat jy melk).
    • 300ml Olyfelie
    • 10 ml Brandspiritis (Meth Spirits)
    • 10 ml Kamferolie
    • 25g Betadine Salf

      Meng eers die melksalf en die Betadine Salf en meng dan die res in.
      Smeer 4 tot 5 keer per dag die pasient met die salf vir sy bedsere

  • Brongitis, longontsteking en emfiseem
    Neem vier takkies wilde-als, lengte vanaf die pols tot wysvinger, en een takkie wynruit, ook vanaf die pols tot die wysvinger. Neem nieshout, skraap een teelepel se waarde splinters met �n messie af. Plaas alles in een liter water, voeg 1� koppies suiker by en kook die mengsel op �n matige hitte vir 45 minute. Laat die stroopmengsel afkoel en gooi dit dan af in �n glasbottel wat jy in die yskas hou. Neem �n kelkie (Engelse �tot�) drie keer per dag. Groei wilde-als en wynruit in jou tuin, die plante is by sommige kwekerye beskikbaar. Gebruik die mengsel soos nodig.

  • Slegte bloedsomloop
    Neem een teelepel rooipeper, gooi dit onder in die skoen, trek �n sokkie aan die voet en loop dan die hele dag met die rooipeper onder in die skoen. Dis belangrik om nie met kaal voete op die rooipeper te loop nie.

    Rooipeper kan ook gebruik word vir ho� bloeddruk. Dis belangrik om kennis te neem dat mense met die O-bloedgroep rooipeper met welslae kan gebruik en dat mense van ander bloedgroepe versigtig moet wees. �n Mespunt rooipeper, drie keer per dag n� etes, kan geneem word om ho� bloeddruk aan te spreek.

  • Doofheid, suising in die ore en vertigo
    Neem �n middelslag botteltjie kasterolie, gooi dit uit in �n pannetjie en sny drie knoffelhuisies op en voeg dit by die kasterolie. Braai dit uit op matige hitte totdat die knoffel liggies verbruin. Haal van die stoof af, laat afkoel en gooi mengsel in �n glasbotteltjie met die stukkies knoffel nog in die olie. Neem �n halwe teelepel van die oliemengsel, maak dit lou bokant �n kersvlam (moenie koue olie in die oor gooi nie), en gooi dit in die een oor en die volgende aand in die ander oor. As die olie goed ingeloop het, sit �n pluisie in die oor.

    By gesondheidswinkels is daar oorkerse (�ear candles�) beskikbaar en ek beveel sterk aan dat mens oorkerse gebruik nadat die ore vir die eerste keer aan beide kante met die oliemengsel behandel is. Volg die volledige instruksies wat ingesluit is en behandel altwee ore, al ondervind jy net ongemak in een oor. Oorkerse kan net een keer elke ses maande gebruik word.

  • Gordelroos (�shingles�)
    Die oumense het geglo dat die inname van borrie uiters heilsaam is en in die geval van gordelroos is dit definitief so. �n Teelepel borrie, soggens en saans, help die liggaam teen gordelroos. Die geweldige pyn van die wonde kan verminder word deur aalwynjel aan die seerplek te smeer. Neem �n aalwynblaar (verkieslik die kanniedood), sit die blaar onder warm as. Die blaar sal opswel en die jel binnekant die blaar sal sag word. Sny die blaar oop en smeer die lou jel aan die seerplekke en jy sal voel hoe die gevoelige plekke �koel� word en die geweldige gevoeligheid verminder.

  • Hare wat uitval
    Neem vier takkies roosmaryn, lengte vanaf die elmboog tot by die pols. Sit �n middelslag botteltjie klapperolie in �n pannetjie. Stroop die fyn blaartjies van die stingel af, voeg dit by die klapperolie in die pannetjie en braai uit op �n matige hitte tot wanneer die blaartjies effens verbruin. Haal die pannetjie van die stoof af en laat afkoel. Moenie die blaartjies te donker laat braai nie dan ruik die olie sleg. Gooi die olie deur �n siffie sodat die blaartjies afterbly. Masseer die olie een keer per week in die kopvel in. Masseer sowat vyf minute om bloedsomloop na die kopvel te verbeter wat ook haargroei bevorder. Bind dan �n plastieksak om die kop vir sowat 30 minute sodat dit hitte genereer. Was daarna die hare en spoel af met �n roosmarynaftreksel. Neem vyf takkies roosmaryn, kook dit in twee liter water, laat afkoel en spoel dan die hare af in hierdie aftreksel. Gebruik hierdie kombinasie van olie en aftreksel elke week vir die eerste vier weke, en daarna een keer per maand. Klapperolie is by apteke, gesondheidwinkels en sekere kettingwinkels beskikbaar.

  • Jig (�gout�) en gewrigsontsteking (�arthritis�)
    Neem een liter water, sny een kilogram knoffel op en voeg dit by die water. Die knoffel moet liefs gesny word met �n messie en nie deur �n knoffelpers (�garlic crusher�) verwerk word nie. Kook die mengsel vir 30 minute op �n matige hitte en haal dan van die stoof af. Gooi 250 gram heuning en een liter suikerriet spiritus (�cane spirit�) in die warm water.

    Dit is belangrik dat die �cane� in die warm water gegooi word sodat die alkohol kan verdamp. Laat die mengsel afkoel en gooi dit dan deur �n siffie in �n glasbottel en hou die bottel in die yskas. Neem �n kelkie (Engelse �tot�) drie keer per dag. Gebruik die bottel totdat dit klaar is, wag sewe dae en maak dan nog �n bottel aan. Alhoewel u heelwat beter mag voel n� sowat drie bottels, moet mens ses tot agt bottels van hierdie mengsel gebruik vir regtig goeie resultate.

  • Koliek-babatjies
    Neem �n mespunt rooipoeier (Lennon Medisyne) en smeer dit aan die babatjie se tandvleis of op die tongetjie. Gebruik dit soggens en saans.

    �n Mespunt rooipoeier en �n mespunt Engelse sout drie keer per dag, het die oumense geglo, verhoed miskrame.

  • Mondseertjies en seer keel
    Neem die vetblaar van hotnotsvy, breek die blaar oop en smeer die sap van die blaar op die seertjies. Doen dit soveel keer per dag soos nodig. Vir �n seer keel kan jy �n stukkie van die blaar kou, die sap insluk en die stukkies uitspoeg. Kappertjie-blare is ook goeie medisyne vir �n seer keel, kou sowat drie blare op �n slag en slug die stukkies in � dis nogals skerp, so gee vir kinders saam met brood vir �n �flouer� smaak.

  • Psoriase en ekseem
    Neem �n klein botteltjie petroleumjellie (Vaseline), gooi vier koevertjies Grandpa-pynpoeier daarby en meng goed. Dra sommer die botteltjie by jou en smeer aan die geaffekteerde plekke elke keer as jy daaraan dink.

    Vir ekseem help �n koppie varkvet met een eetlepel blomswael gemeng. Smeer gereeld aan die plekke wat deur ekseem geaffekteer is. Blomswael is verkrygbaar by die apteek.

  • Voete wat brand en bene wat pyn
    Neem 500ml brandspiritus, krummel vier blokkies kamfer daarin. Kamfer is verkrygbaar van die apteek. Skud die mengsel goed en wend dan met �n stukkie watte aan die voete of bene aan. Vir die voete begin bokant die enkel en vryf AF nooit op en af nie, die oumense glo dan vryf jy die siekte deurmekaar! Dieselfde geld vir die bene, begin bokant die knie en vryf af.





Site hosted by
CelRepSA
CelRepSA