Tuis
Oom Johannes en Antoinette
Kruielys
Boererate
RSG
Vrae en Antwoorde
Die Boek: Kruidjie roer my
Kontak Ons
Die Mediakamer
English site

VRAE EN ANTWOORDE

  • Is kruie veilig om te gebruik vir alle ouderdomme en kwale?
    Ja, dosering word aangepas volgens die persoon se ouderdom. Daar is ‘n krui vir elke kwaal.

  • Is daar newe-effekte?
    Sekere kruie kan jou naarmaak of jou maag laat werk, maar dis maar hoe die kruie jou liggaam skoonmaak. Soms maak kruie jou eers sieker voordat dit jou gesond maak. Dit is baie belangrik dat jy aanhou met die kruie maar net die dosis effens verminder totdat jou liggaam daaraan gewoond is.

  • Kan ek allergies wees vir die kruie?
    Ons is nie bewus van enige gevalle waar mense allergies was vir kruie nie.

  • Moet ek ophou om my voorgeskrewe medikasie te gebruik wanneer ek kruie gebruik?
    Nee, jy moet nooit dadelik medikasie staak nie. Ná konsultasie, kan ons moontlik met behulp van die kruie jou gelydelik van een medisyne op slag ‘speen’. Die sleutel hier is om na die liggaam te luister en daarvolgens kruie en medisyne te kombineer.

  • Hoe lank neem dit vir die kruie om te werk?
    Elke liggaam is nie dieselfde nie en daarom is dit onmoontlik om te weet presies hoe gou dit sal werk. Sekere tipes kruie het welslae binne dae, maar ander neem ‘n bietjie meer tyd…gewoonlik weke of ‘n paar maande.

  • Hoe proe kruie?
    Terwyl sekere kruie heerlik verfrissend is, kan ‘n paar nogals skokkend of bitter wees. Gelukkig raak mens dit gewoond.

  • Is kruie duurder as medisyne?
    Nee. Wanneer dit droog is, raak kruie skaarser en kan dan duurder wees as gewoonlik, maar oor die algemeen is dit meer bekostigbaar as medisyne omdat genesing langduring is.

  • Kan ek kruie by ander verskaffers koop?
    Karoo-kruie is nie algemeen beskikbaar nie en dis maar beter om by ons te koop. Plantkenners wat weet wat hulle koop, kan op markte koop maar wees versigtig aangesien almal nie dieselfde name vir die kruie gee nie. Die botaniese name (wat Antoinette aan jou kan gee op aanvraag) kan ook help om onderskeid te tref.

  • Moet ek spesiale kos eet terwyl ek kruie gebruik?
    Dit is belangrik dat jy gesond eet, jy moet verantwoordelikheid neem vir jou gesondheid en wil genees word. In sekere gevalle, soos wanneer jy Manskruie of Vrouekruie gebruik, moet jy nie alkohol drink nie.





Site designed and hosted by
S2 Web Solutions