Tuis
Oom Johannes en Antoinette
Kruielys
Boererate
RSG
Vrae en Antwoorde
Die Boek: Kruidjie roer my
Kontak Ons
Die Mediakamer
English site

KRUIELYS

Die kruie wat hieronder beskryf word, groei alles op die Groot Karoo plaas Theefontein waar Oom Johannes en Antoinette woon, en word in verskillende kombinasies en hoeveelhede gemeng vir ‘n wye reeks kwale. Antoinette sê daar is ‘n krui vir elke kwaal, maar hulle is nie almal hier gelys nie, so skakel haar gerus met jou navrae.

“Kruie werk nie so vinnig soos konvensionele medikasie nie, wat veroorsaak dat baie mense moed verloor. Met die gebruik van kruie is mens self betrokke by jou eie genesing omdat jy aan die genesingsproses moet glo vir resultate en dit maak die proses van genesing net so belangrik soos die genesing self.”

    


Die kruie word geoes, gedroog en verpak op die plaas en kan direk van hulle gekoop word deur Antoinette weeksdae te skakel tussen vyf- en sewe-uur by 023 416 1659 (plaas), of 083 273 9659. Pryse van kruie is beskikbaar op navrae, maar wees gerus dat dit u nie meer as meeste medisyne uit die sak sal jaag nie.

Kruievoorraad vir sowat drie maande, en ‘n resep om die kruie reg te gebruik, word aan die einde van die maand aan u gepos nadat geld in hulle rekening inbetaal is. Bankbesonderhede is op die kontakbladsy beskikbaar maar kan ook direk van Antoinette verkry word.

Ander boererate en hulpmiddels is beskikbaar op die ‘Boererate’-bladsy.

Kruielys
  • Bergpatat help met gewigsverlies omdat dit die metabolisme stabiliseer.

  • Bitterbos help om die lewer te ontgif en kan met sukses gebruik word vir mense wat lewerkanker, hepatitis en lewerkwale het.

  • Dasbos en Balderjan help om ‘n verkoue uit te sweet.

  • Dasbos en Karmedip help met blaasontsteking en ander blaasprobleme, asook prostaatprobleme aangesien dit verseker dat die blaas behoorlik geledig word.

  • Dasbos en Klipgruis ontgif die liggaam en help met nierprobleme omdat dit die waterbalans in die liggaam reguleer.

  • Dasbos en Renostertop versterk die longe in pasiënte met tuberkulose (TB).

  • Dawidjie-wortel help met die geheue.

  • Dermpoeier bestaan uit 14 verskillende soorte wortels wat op ‘n maalklip gemaal word en help met toestande soos spastiese dikderm, geïriteerde dermsindroom, maagsere en hardlywigheid.

  • Gifbolblare versnel die genesing van wonde en bedsere.

  • Grashout verlig winde op die maag.

  • Kalmoes help mense wat wil ophou rook deur rooklus meer hanteerbaar te maak.

  • Kaneelbol stabiliseer bloedkondisies soos bloedduk, bloedsomloopprobleme en spatare, en cholesterol.

  • Kankerbossie en Karmedip verlig die simptome van blaaskanker, prostaatkanker en kanker van die pankreas.

  • Katjiedrieblaar help met hormoonbalans, premenstruale-sindroom (PMS), menopouse en warmgloede. Kan met groot sukses gebruik word in die plek van hormoonvervangingsterapie. In kombinasie met kankerbossie kan dit gebruik word om die immuniteit van kankerpasiënte te verbeter.

  • Kraalbos versterk die kopvel sodat dit verhoed dat hare uitval en die teruggroei van hare stimuleer. Dit verbeter ook algemene kondisie van hare.

  • Kruitjie-roer-my-niet verlig tenniselmboog, heupprobleme en verstuite gewrigte. Dit is uiters giftig en moet slegs uitwending en met groot versigtigheid gebruik word.

  • Lukwartboomblare en Rooivergeetwortels verbeter suikervlakke in diabetes-leiers wie terselftertyd ‘n gesonde dieetprogram volg.

  • Manskruie verminder impotensie.

  • Manskruie en Vrouekruie kan help vir mense wat sukkel om swanger te raak.

  • Oogbossie help met oogprobleme soos oë wat baie water, asook met katarakte.

  • Oondbos verlig hoofpyn, gewoonlik in kombinasie met ander kruie wat waarskynlik die hoofpyn veroorsaak.

  • Rooivergeetwortels en Jakkalsbos help met hartprobleme, veral na hartomlynings aangesien dit bloed versterk en die orgaan help om trauma te hanteer.

  • Velpoeier help met ekseem, psoriase, gordelroos en kopluis.

  • Vlak-grashout is ‘n vinnige maar sterk manier om van ‘n verkoue ontslae te raak.

  • Wildepampoen verlig rugpyn.

  • Wynruit, Wilde-als en Nieshout genees longkwale, asma en brongitis.





Site designed and hosted by
S2 Web Solutions